Wie of wat is Vluytjeskraal-Noord Beleggings?
———————————————————————————————————-
Die plaas is aangrensend aan die noordelike kant van die Afrikanerdorp Orania. Die oewer van die Oranjerivier, van Orania se oewerpark tot by die Vluytjeskraalbrug, vorm die oostelike grens van die plaas.‘n Gedeelte is oos van die Hopetown–Petrusvillepad en ‘n gedeelte is wes daarvan. Op die westelike gedeelte is die koppie, wat ‘n landmerk vir Orania geword het, geleë.
GPS-koördinate: Breedtegraad29°48’7.54″S Lengtegraad 24°24’44.00″E. —————————————————————————————————————————- Wie is die eienaars van die PlaasDie plaas is aangekoop van die Fourie Boerdery Trust deur Vidivision Beperk. Laasgenoemde maatskappy is in die proses van naamsverandering na Vluytjeskraal-Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk. Die registrasienommer is 2011/04469/06.
——————————————————————————————————
Wie is die direkteure van Vluytjeskraal-Noord Beleggings?
Dit is vyf stigters lede en bekende inwoners van Orania met Manie Opperman as die voorsitter. Carel Boshoff iv, Lukas Taljaard, Martin Kemp en Willie du Plessis is die ander lede van die direksie. Die direksie sal jaarliks by die Algemene Jaarvergadering verkies word.
Nuwe verkiesde direkteure sluit in Abraham van Zyl,Annamarie Laas en Harry Theron
——————————————————————————————————-
Verbeterings:
Eensaam
Eensaam soos Tant Miemie Kemp dit gedoop het.’n Huisie tussen die spulpunte wat ook reeds opgeknap is.
____________________________________________________________________
Lopende landbou:
8 Spilpunte as lopende saak waarvan gedeeltes reeds aan Orania – boere verhuur word.

Sinksamp met pomphuis en 3 waterlyne sorg vir die
totale besproeiingsnetwerk