Vluytjeskraal – Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk
Vluytjeskraal Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk beplan die ontwikkeling van
erwe op die eiendom geleë te Gedeelte 14 en Restant van Gedeelte 3 van die Plaas
Vluytjeskraal 149
in die Afdeling Hopetown, Noord-Kaap Provinsie, saam 284,9645 hektaar groot
in die Afdeling Hopetown, Noord-Kaap Provinsie, saam 284,9645 hektaar groot
(“die Plaas”).Regte op grond in die voorgenome ontwikkelings sal by wyse van ‘n
Aandeleblokskema vestig. Erkenning van Eiendom sal deur ‘n skuldbrief bewys
word wat die houer geregtig maak op die verkryging van ‘n aandeelblok in die
voorgenome aandeelblokskema. Die aansoek van die bedryf van aandeleblokskema’s
op die plaas moet goedgekeur word deur die toepaslike owerhede alvorens
‘n aandeleblokskema bedryf kan word.Die skuldbrief kan REGS op kortpad skakel
‘n aandeleblokskema bedryf kan word.Die skuldbrief kan REGS op kortpad skakel
(skuldbrief)gesien word.
BTW op genoemde bedrae is uitgesluit en is eers betaalbaar by die registrasie van
BTW op genoemde bedrae is uitgesluit en is eers betaalbaar by die registrasie van
die aandeleblokskema
Oordragkostes van 0.5 % is ook betaalbaar by die oordrag van aandelesertifikate
Oordragkostes van 0.5 % is ook betaalbaar by die oordrag van aandelesertifikate
op die besprekingskoste van eiendom met registrasie
Drie ontwikkelings word ter aanvang beoog, wat elkeen in fases gedoen sal word.
Drie ontwikkelings word ter aanvang beoog, wat elkeen in fases gedoen sal word.
_____________________________________________________________
Klein dorpie erwe
Geleë op die oewer van die Oranjeriviermet ‘n oop front vir publieke toegang
Ook geskik vir vakansieverblyf.
Beplanning van die Dorpie is gedoen deur
die stadsbeplanner Johan Lubbe van MVD Kalahari.
Residensiële erfgroottes wissel vanaf 478vkm – 700 + vkm Erf pryse vanaf R140,000
______________________________________________________________________________
Oewererwe
Gelee op die oewer van die Oranjerivier. Jou eie rivierfront
Erwe wissel vanaf 800vk/m tot oor die 2000 vk/m met besprekingspryse vanaf R480,000
Beplanning van die erwe is gedoen deur
die stadsbeplanner Johan Lubbe van MVD Kalahari. Gaan HIER na O-Blok rivierfront erwe _________________________________________________________________________________
Bekende Koppie Voetspoorerwe
Erwe het geen spesifieke groote. Dit is so uitgelê dat die buurman jou nie kan steur nie. Al die erwe is teen die helling wat ‘n fantastiese uitsig bied. Gevestigde kleinwild kom voor.Beplanning van die erwe is gedoen deurdie stadsbeplanner Johan Lubbe van MVD Kalahari.
Navrae kan gerig word na admin@vkn.co.za
Sien ook die profesionele inpakstudie, bouregulasies en skuldbrief – Kortpad skakels regs