Vluytjeskraal Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk
Registrasienommer 2011/0044469/06
Verhandelbare Skuldbriewe
Voorwaardes waarkragtens verhandelbare skuldbrieweuitgereik word
1. Die Maatskappy beplan die ontwikkeling van erwe op die eiendom geleë te Gedeelte 14 en Restant van Gedeelte 3 van die Plaas Vluytjeskraal 149 in die Afdeling Hopetown, Noord-Kaap Provinsie, saam 284,9645 hektaar groot (“die Plaas”).
2. Drie ontwikkelings word ter aanvang beoog, wat elkeen in fases gedoen sal word:
2.1 ‘n Oewerontwikkeling
2.2 ‘n Eko landgoed
2.3 ‘n Kleindorp
elk met toepaslike argitektoniese riglyne
3. Regte op grond in die voorgenome ontwikkelings sal by wyse van ‘n Aandeleblokskema vestig.
4 Die aansoeke vir die bedryf van aandeleblokskema’s op die Plaas moet goedgekeur word deur die toepaslike owerhede alvorens ‘n aandeleblokskema bedryf kan word.
5. Die skuldbrief sal die houer daarvan geregtig maak op die verkryging van ‘n aandeleblok in die voorgenome aandeleblokskema soos aangedui op die aanhangsel hierby aangeheg.
6. Die belegger is bewus daarvan dat die Plaas deel van die Afrkikanerdorp Orania vorm en bewoningsreg van alle eiendomme onderhewig is aan goedkeuring deur die direksie.
7. Indien die houer van die skuldbrief nie binne 3 jaar ‘n erf op aandeleblok ontvang het tot sy bevrediging nie, sal die Maatskappy:
7.1 Die kapitale bedrag van die belegging aan hom terugbetaal;
7.2 Rente teen 5% per jaar op die kapitale bedrag, jaarliks gekapitaliseer, aan hom betaal.
8. Die skuldbrief is verhandelbaar.
Vluytjeskraal Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk
(Voorheen bekend as Vidivision Beperk)
Registrasienommer 2011/0044469/06
“Die Maatskappy”
SKULDBRIEF
Die Maatskappy verklaar hiermee verskuldig te wees aan:
Voorbeeld
|
die bedrag van
Vyf Honderd en Dertig Duisend Rand (530000.00) |
Erf no O- 17
Op die terme en voorwaardes soos uiteengesit in Bylaag A hiertoe.
Direkteure H Opperman CWH Boshoff LPJ Taljaard MJ Kemp H Theron APG van Zyl AM Laäs
BYLAAG A
TERME EN VOORWAARDES VAN SKULDBRIEF
1. Die Maatskappy beplan die ontwikkeling van erwe op die eiendom geleë te Gedeelte 14 en Restant van Gedeelte 3 van die Plaas Vluytjeskraal 149 in die Afdeling Hopetown, Noord-Kaap Provinsie, saam 284,9645 hektaar groot (“die Plaas”).
2. Drie ontwikkelings word ter aanvang beoog, wat elkeen in fases gedoen sal word:
2.1 ‘n Rivieroewerontwikkeling
2.2 ‘n Eko landgoed
2.3 ‘n Kleindorp
elk met toepaslike argitektoniese riglyne
3. Regte op grond in die voorgenome ontwikkelings sal by wyse van ‘n Aandeleblokskema vestig.
4. Die aansoeke vir die bedryf van aandeleblokskema’s op die Plaas moet goedgekeur word deur die
toepaslike owerhede alvorens ‘n aandeleblokskema bedryf kan word.
5. Hierdie skuldbrief maak die houer daarvan geregtig op die verkryging van ‘n aandeleblok in die voorgenome
aandeleblokskema soos aangedui op die sketsplan hierby aangeheg as Bylaag B.
6. Die houer is bewus daarvan dat die Plaas deel van die Afrkikanerdorp Orania vorm en bewoningsreg van alle
eiendomme onderhewig is aan goedkeuring deur die direksie.
7. Indien die houer van die skuldbrief nie binne 3 jaar ‘n erf op aandeleblok ontvang het tot sy bevrediging nie, sal die Maatskappy:
7.1 Die kapitale bedrag van die belegging aan hom terugbetaal;
7.2 Rente teen 5% per jaar op die kapitale bedrag, jaarliks gekapitaliseer, aan hom betaal.
8. Sodra die aaandeelbloksertifikaat beskikbaar is, sal die houer van die skuldbrief die BTW en oordragkoste betaal en sal sy skuldbrief vervang word deur ‘n aandeelbloksertifikaat.
9. Hierdie skuldbrief is verhandelbaar aan persone wat die voorwaardes aanvaar.