053 050 1114 info@vkn.co.za

Kapitale Belegging

[acx_slideshow name=”kapitaal bel”]

Wat kry ‘n belegger?

1 aandeel in Vluytjeskraal-Noord Beleggings vir elke R1 000 wat belê word.

Jaarlikse dividende uit inkomste wat uit die belegging verdien word. Daar word dus in die wins wat uit die ontwikkeling en boerdery gegeneer word, gedeel ooreenkomstig aandeelhouding.

Gereelde verslag deur elektroniese media oor die ontwikkeling en beskikbaarstelling van erwe, met voorkeurgeleentheid om dit te bekom.

Die vreugde om Orania se grondgebied uit te brei, nuwe inwoners en uitwoners te betrek en die ekonomie te versterk.

____________________________________________________________________________ 

Is ‘n belegger aanspreeklik vir enige koste of verliese?

Glad nie. Vluytjeskraal-Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk (tans Vidivision Beperk) dra al die koste en risiko.

___________________________________________________________________________ 

Wie mag aandele opneem?

Persone wat uitgenooi word en wat Orania se ideale ondersteun. Geen publieke aanbod vir aandele word gemaak nie.

___________________________________________________________________________

 Kan ‘n belegger sy belegging opvra?

Nee, want dit is ‘n bydrae tot die kapitaal van die Maatskappy en gaan aangewend word as gedeeltelike betaling van die koopprys van die Plaas.  Hy kan wel sy aandeel verkoop en oordra en op daardie wyse sy geld terugkry. Die waarde van sy aandele sal styg soos wat ontwikkeling van die Plaas plaasvind.

____________________________________________________________________________ 

Tot wanneer is daar geleentheid om te belê?

Tot aandele ter waarde van R10 miljoen opgeneem is.

Kan kapitale beleggings gebruik word vir eiendom?

Ja, Die belegger mag beskikbare eiendom bekom as sy belegging die volle koste van die eiendom kan dek. Aditionele inbetalings

sal ook aanvaar word.Beleggers op eiendom kan ook hul eiendom oorskakel na Kapitale beleggings. 

Indien u ‘n belegging wil doen – Gaan na kortpad skakel regs op die blad

Die belegger kry ‘n aandelesertifikaat ter bewyse van die belegging – Sien kortpad skakel regs 

 

Besoekers 569