053 050 1114 info@vkn.co.za

VKN OORSIG

Wie of wat is Vluytjeskraal-Noord Beleggings?

Dit is ‘n Privaat maatskappy met 10 000 gemagtigde aandele wat geregtig is om 30% van die aandeelhouding in Vluytjeskraal Boerdery en Ontwikkeling Beperk te verkry. Daarvoor moet die maatskappy deur sy aandeelhouers R10 miljoen betaal. Indien die teikenbedrag nie gehaal word nie, sal die persentasie aandeelhouding pro rata verminder.Die beleggingsmaatskappy is ‘n nuwe maatskappy opgerig kragtens die 2008 Maatskappywet, met die naam Vluytjeskraal Noord Beleggings (Edms) Bpk en met registrasienommer 2011/102262/07.”

Die plaas is aangekoop van die Fourie Boerdery Trust deur Vidivision Beperk.  Laasgenoemde maatskappy is in die proses van naamsverandering na Vluytjeskraal-Noord Boerdery en Ontwikkeling Beperk. Die registrasienommer is 2011/04469/06.

Die plaas is aangrensend aan die noordelike kant van die Afrikanerdorp Orania. Die oewer van die Oranjerivier, van Orania se oewerpark tot by die Vluytjeskraalbrug, vorm die oostelike grens van die plaas.‘n Gedeelte is oos van die Hopetown–Petrusvillepad en ‘n gedeelte is wes daarvan. Op die westelike gedeelte is die koppie, wat ‘n landmerk vir Orania geword het, geleë.

 GPS-koördinate: Breedtegraad29°48’7.54″S Lengtegraad 24°24’44.00″E.

_______________________________________________________________________

Betaande bates ten tye van die aankoop

236 vk/m Plaashuis op 1,7 ha met ruim 4 slaapkamers en ruim sosiale leefareas. Dit het ook ‘n solder en nog die tradisionele plankvloere.

Netjiese tuine en ook ‘n opgaardam

Carel iv Boshoff het daarin belê en woon nou lekker op die plaas

8 Twee slaapkamer werkershuise wat reeds gerestoureer en herbou word deur Willie Botha.Dit is ook reeds die begin van die skepping van die klein dorpie gebied. Sien meer op die Vordering skakel

Eensaam

Eensaam soos Tant Miemie Kemp dit gedoop het.’n Huisie tussen die spulpunte wat ook reeds opgeknap is.

_____________________________________________________________________________________

Landbou

8 Spilpunte as lopende  saak  waarvan gedeeltes reeds aan Orania – boere verhuur word.

 Gedeelte 3  =  240.96 Ha  met 726000 Kub/m Waterregte 

Gedeelte 14 = 44,002 Ha   met 418000 Kub/m Waterregte 

104 Ha waterregte en 150Ha is onder besproeiing

Sinksamp met pomphuis en 3 waterlyne

wat sorg vir die totale besproeiingsnetwerk

Besoekers 210